PEN Afrikaans

PEN Afrikaans se kenteken.
Catherine Amy Dawson Scott, medestigter van PEN International

PEN Afrikaans is 'n vereniging wat die belange van Afrikaanse skrywers dien en die Afrikaanse taal, Afrikaanse skryfwerk en geletterdheid bevorder. PEN Afrikaans is 'n lid van PEN Internasionaal.[1]

PEN is 'n wêreldwye vereniging van skrywers, wat in 1921 in Londen gestig is om vriendskap en intellektuele samewerking tussen skrywers te bevorder.[2] Die vereniging het outonome Internasionale PEN-sentrums in meer as 100 lande.

Ander doelwitte het ingesluit: om die rol van letterkunde in die ontwikkeling van wedersydse begrip en wêreldkultuur te beklemtoon; om te veg vir vryheid van uitdrukking; en om as 'n kragtige stem op te tree namens skrywers wat geteister, gevange gehou en soms vermoor word vir hul sienings.

  1. "Our History". PEN International. 10 November 1995. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Oktober 2015. Besoek op 10 Julie 2013.
  2. Robert Halsband (10 Januarie 1968). "LeRoi Jones Sentence – Free Preview". The New York Times. Besoek op 15 November 2011.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search